Phone Annie On +27 83 270 1995

SUPER SENIORS – Her-Ontdek Jouself!

‘n Kursus in Vernuwing en Verjonging aan Seniors bo 60.

Word fisies, emosioneel en intellektueel 15 jaar jonger.
En DIT is nie ‘Science Fiction’ nie!

Hierdie kursus wat deur Annie Coetzee van Creative Brain Management ontwerp is, is die resultaat van deeglike studie en navorsing oor vernuwing en verjonging. Sy het reeds in 2003 ernstig die inhoud begin toepas, en jaarliks die inhoud verbeter en opgradeer.

Annie is ‘PRO-ageing’ maar besef dat mense langer gaan lewe a.g.v nuwe uitvindings, soos o.a. anti-oksidante, gesonder ‘olies’, meer oefening bewustheid, die fokus op beter mense-verhoudings, en die deurbrake wat gemaak is ten opsigte van die ‘Verstand-en-Hart-en-Lyf’ Konneksie. Haar siening is dat dit wys is om dan gesond en INTELLIGENT ouer te word. Die kursus is so saamgestel dat dit uit die nuutste inligting asook kreatiewe praktiese aktiwiteite bestaan wat die totale mens vernuwe en verjong.

Die inhoud fokus sterk op verstandelike opskerping, emosionele en geestelike ontwikkeling en vernuwing, asook liggaamswysheid (dus met groter wysheid jou liggaam se taal te verstaan). Kundigheid ten opsigte van die verstand, emosies en liggaam word op unieke wyses gestimuleer en saamgesnoer, terwyl die mense nuwe vriendskappe en ondersteunings-netwerke vorm.

Doelwitte

Deelnemers sal, soos hulle elke module deurwerk

• van voor af verlief raak op die lewe
• weer soos ‘n kind kan glo in die beloftes in die Woord
• hul eie lewensdoel ontdek of herontdek
• nie meer negatiewe bagasie saam met hul op die lewensreis dra nie
• hul BREINKRAG opnuut ontdek en sinvol gebruik
• die brein beter verstaan, sodat hul dit kreatief gebruik om lewe en liggaam te hernu
• ontdek wat dit beteken om aan jouself en nuwe doelwitte, getrou te bly
• hul ontsaglike HARTKRAG ontdek en dit dan so gebruik dat hul lewens ‘n aansporing en inspirasie vir ander in die omgewing sal wees!
• suksesvolle kommunikeerders word wie se spraak en woorde aangenaam, positief, bevrydend en skeppend sal wees
• emosioneel fiks word en die aanslae van die lewe kreatief en met hoop hanteer
• hul liggaam ken en verstaan en hierdie boodskappe slim vertolk en met kundigheid hanteer
• ‘n gesonder mens word – letterlik GESONDER
• soepel en beweeglik bly, en staan, sit en stap soos iemand wat 10 tot 15 jaar jonger is. (Ons streef na mobiliteit vir ALTYD)
• nuwe vriendskappe vorm en ook iemand anders se ware vriend word
• meer lag – humor in situasies raaksien en opgewektheid en sprankel uitstraal
• ‘n probleemoplosser – ‘n wenner word
• ten minste 10 tot 15 jaar jonger as ID-ouderdom word/leef (medies akkuraat!)
• gelukkiger ouer te word en ‘n WINS wees vir die omgewing.

Deelnemers

Elke persoon bo 60 wat opnuut betekenis aan sy/haar lewe wil gee. Die inhoud is so saamgestel dat huisvroue, aktiewe afgetredenes, beroepslui en selfs entrepreneurs nuwe SIN in elke dag se uitdagings en moontlikhede vind. Hulle leer meer oor die BREIN en hoe om die komplekse orgaan beter te benut. Dan ontdek hulle ook die waarde van Emosionele Intelligensie – wat as’t ware die grootste bydrae maak in hierdie nuwe lewensreis van vernuwing. Die gedeelte oor die liggaam word verjong deur die korrekte strekke, balans en stap-oefeninge te doen. (Annie is ‘n gekwalifiseerde Pilates Instrukteur – Body, Arts and Science International – en sal dus seker maak dat elke fasiliteerder die oefeninge akkuraat verstaan en toepas)

Duur van die kursus

Die kursus bestaan uit 12 modules van 3 ure elk. Die modules kan in oggend of middag sessies aangebied word. Neem kennis dat hierdie ‘n Kursus is, en nie ‘n passiewe aanbieding nie. Baie groepwerk en gesprekke vind plaas, asook refleksie en terugvoer. Alle inligting word ook prakties tydens die sessies gedoen.
Hierdie tipe vernuwings-inhoude word in die VSA en Europa soms aangebied deur baanbrekers op die gebied van langlewendheid.
Volgens Annie se kennis bevat min, indien enige van die inhoude, wel inligting en aktiwiteite oor die rol van die hart in verjonging. (Spreuke 4:21)
Na verdere studies oor die rol van harts-kwaliteite het sy haarself oortuig dat sy geskiedenis kan maak om die rol van HARTS Intelligensie by so Vernuwings Kursus te voeg.

Koste

Annie is deeglik opgelei om hierdie kursus te ontwerp. Haar opleiding oor spanbou, vriendskaps-ontwikkeling en omgee (Kagan & Kagan USA, Investment in Excellence – The Pacific Institute en How to Orchestrate Small Group Workshops – DUKE Corporate Education Sandton) het haar toegerus om by wyse van gesprekke, groeps-aktiwiteite, refleksie-oefeninge en lewenstake haar doelwitte binne 12 weke te bereik.

Elke module behels onder andere ook ‘n lewenstaak wat elke week deur die individu gedoen word. Dit bestaan meestal uit herbesinning oor die week se onderwerpe en dan ‘n uitdaging wat prakties uitgevoer moet word (intellektueel, emosioneel en fisies). Die doelwit om 15 jaar van ID ouderdom af te trek is moontlik, wanneer elke persoon met hart en verstand en lyf saamwerk aan elke aktiwiteit.

Annie is ten volle in staat om Fasiliteerders op te lei om hierdie kursus met dieselfde insig op te lei.

• Die koste om die Kursus aan te koop is R 7500.00
• Opleidings koste R2,500

Wanneer u gemeente die Kursus aankoop, word ‘n eenmalige bedrag van R 7500.00 oorbetaal aan Creative Brain Management. Die inhoud word op USB aan die nuwe koper oorhandig. Daarna word daar ‘n ander afspraak gemaak om te gesels oor die datums van opleiding.

Annie se oorkoepelende doelwit is om te help dat seniors bo 60’s in u gemeente ‘n massiewe bydrae maak tot die kwaliteit van lewe en voorspoed

Creative Brain Management werk saam met Kundiges op die gebied van Langlewendheid en Gesondheid en Annie is gereeld in kontak met die mense om op hoogte te bly van enige nuwe/hernude ou voorstelle wat toegepas kan word.

Annie se fokus is baie op Kreatiewe Probleem Oplossing. So is sy dan ook ‘n Stigterslid van Die Kreatiwiteit Stigting van Suid-Afrika en het reeds Internasionale erkenning ontvang vir die werk wat sy op hierdie gebied doen.

Haar konneksie met ‘The Institute of HeartMath’, ‘Heart Physics’ en ander erkende Internasionale Emosionele Intelligensie Netwerke, hou haar gereeld op hoogte van die nuutste (en soms is dit lank reeds uitgevind) inligting omtrent die rol van emosies op die verouderings-proses.

Haar span van Raadgewers bestaan uit Mediese Konsultante en Praktisyne wat dieselfde belangstelling in haar seining het, dat OUD word, nie SIEK word beteken nie!

In 2018 het Annie die volle kursus in ‘Body, Arts and Science International’ gevolg en haar Internasionale kwalifikasie ontvang as a Pilates Instrukteur. So word elke strek oefening ook korrek oorgedra aan die nuwe fasiliteerders.

In 2013 ontvang sy ‘BEYONDER’ toekenning van Die Kreatiwiteit Stigting in Suid Afrika vir haar bydrae in die bevordering en opheffing van menslike ontwikkeling in SA en ook op internasionale vlak. Die woorde ‘Trailblazer’ en ‘Trendsetter’ word baie aan haar naam gekoppel omdat sy so passie vir hierdie projek uitleef.

In 2015 is Annie erken as ‘One of Africa’s Most Influential Women’ in Business and Government deur CEO en Titans – twee Nasionale Instansies wat sake-bedrywighede bestudeer en evalueer. Sy was intussen weer genomineer, maar ervaar haar roeping in hierdie veld meer belangrik as enige ander title of noemenswaardigheid.

Haar inligting en bydraes tot hierdie uitmuntende Projek word gereeld met Kundiges op die gebied van die Brein, Hart en Liggaam nagegaan.
Gedurende die afgelope ses jaar het sy ook kursusse in Volwasse Opleiding ontvang soos onder andere: ‘NLP Life and Business Coaching’, ‘Investment in Excellence’ en ‘Orchestrating participants in Group Class Workshops’ – DUKE Corporate Education.

‘Ons gaan almal eendag ons reis op aarde eindig – maar nie almal van ons LEEF werklik gelukkig, geseënd en betekenisvol voor dit gebeur nie.
Ons kan ouer word, sonder om tot ‘stilstand’ te kom en afgeleef daaruit te sien’.

‘The ways of right living people glow with light. The longer they live, the brighter they shine’ (The Message Proverbs 4:18)

‘ ‘n Verwagting wat nie uitkom nie,maak ‘n mens mismoedig. ‘n Begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe’. (Spreuke 13:12)

Enkele Terugflitse van werkswinkels:

Newsletter
Subscribe to my newsletter for helpful hints, tips and articles!

    Your Name (required)

    Your Email (required)

    Anti Spam Code

    captcha

    Please Enter Anti Spam Code

    Testimonials
    Loading Quotes...